Vyf mynwerkers sterf in brand

Vyf mynwerkers is Saterdagaand by Gold Fields se Kloof-Driefontein-kompleks (KDC) in Carletonville dood nadat daar ʼn brand uitgebreek het.

Gold Fields sê in ʼn verklaring die vyf mynwerkers se name is nog nie bekendgemaak nie aangesien hulle naasbestaande nog in kennis gestel moet word. Veertien mynwerkers is in die hospitaal opgeneem vir observasie. ʼn Woordvoerder van die myn, Sharda Naidoo, sê die departement van minerale hulpbronne en die onderskeie vakbondverteenwoordigers is van die voorval in kennis gestel. “Bestuur betreur die voorval en het ʼn ondersoek van stapel gestuur. Die myn is tot verdere kennisgewing gesluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.