Vyf polisiebeamptes is Woensdag vir beweerde dwelmhandel in Oos-Londen in hegtenis geneem.
“Al vyf was misdaadvoorkomingsbeamptes by die Mdantsane-polisiestasie,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. “Hulle het na bewering klopjagte uitgevoer op dwelmhandelaars se huise en dan die dwelms verkoop. Die dwelms is nie by die polisiestasie ingedien nie.”
Die groep sal na verwagting Donderdag in die Oos-Londen en Mdantsane-landdroshof verskyn op ‘n klag van dwelmhandel en moontlik ook swendelary.