Vyf renosterkarkasse in Krugerpark gevind

Foto: www.rhinoconservation.org

Vyf renosterkarkasse is in die Nasionale Krugerwildtuin gevind.

ʼn Woordvoerder van die Krugerwildtuin, William Mabasa, sê wildbewaarders het gedurende hulle dagtaak op die karkasse afgekom. Hy sê die karkasse is in Chokwane, N’wanetsi en naby Krokodilbrug gevind. Mabasa sê die karkasse is vermoedelik tussen twee en sewe dae oud. Die renosters se horings is verwyder. Mabasa sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Dit kom enkele dae nadat die Krugerwildtuin aangekondig het dat hy nie langer by toegangsborde ʼn aanduiding sal gee oor waar renosters hulle in die wildtuin bevind nie. 229 renosters is al vanjaar in die wildtuin gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.