Vyf rowers in PE doodgeskiet

Vyf rowers is Vrydagoggend deur die polisie in Motherwell in Port Elizabeth doodgeskiet terwyl hulle probeer het om ʼn brouery te beroof.

“Die vyf rowers was besig om die kantoor waar die kontant is te beroof en ʼn skietgeveg het uitgebreek. Die vyf verdagtes is doodgeskiet en ses vuurwapens is op beslag gelê,” het ʼn polisiewoordvoerder, kapt. Andre Beetge, gesê. Beetge sê die polisie het vroeër ʼn wenk ontvang dat daar ʼn roof gaan plaasvind en was op die toneel. Nog twee rowers het in ʼn wit Jetta gevlug, Die motor is later teruggevind. Geen burgerlikes of polisie is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.