Vyf rugby-tweelinge verwar spanmaats

Willem en Ruaan Minny Foto: news.com.au

Willem en Ruaan Minny Foto: news.com.au

‘n Juniorrugbyspyn in Pretoria het sy teenstanders, spanmaats en selfs sy afrigter stomgeslaan nadat vyf stelle tweelinge in die span aangewys is.

Die opleidingsessie van die Oostelike Eagles-span lyk van ver af net soos enige ander rugbyoefening van sewe, agt, en negejariges in Pretoria. Die duikslae, uitgee- en lynstaanoefeninge is georganiseerde chaos en nie almal is seker van dit wat hulle moet doen nie. Maar in die Eagles se geval is hulle soms ook onseker wie is wie en wat hulle mekaar moet noem.

Die spanne speel in ‘n informele liga en hul vaardighede word van kleins af geslyp. Dié klub in Pretoria het vanjaar met sy jongste span begin, maar dit het ‘n rukkie geduur voordat organiseerders die aantal “duplikaat”-boeties besef het. Twee stelle is identies, twee is nie identies nie, en die agtjarige Francois Viljoen se tweelingsussie is die span se waterdraer.

“Dis baie moeilik met die identiese tweelinge, mens kan hulle nie uitken nie,” het breier Neels Goossen gesê. “Ek noem twee van hulle “Twins” [Tweeling], omdat ek hulle glad nie uitmekaar kan ken nie.”

“Die ander roep ek op hulle van, ‘Minny’. As ek ‘Minny’ skree, dan spring altwee van hulle, en as ek ‘Twins’ skree, dan spring altwee van hulle.”

Die tweelinge se spanmaats is ook gereeld verkeerd. “Hulle sê ‘miskien is dit Willem en dit is Ruaan,” het die jong haker gesê. “Maar dan is dit verkeerd, want ek is Willem en hy is Ruaan.”

“Die breier noem ons ‘Twins’,” sê Lwandile Thabethe. “Want ons is ‘n tweeling,” verduidelik sy identiese boetie, Wandile. “Hy raak deurmekaar wanneer hy ons wil uitken,” sê Lwandile. Dié twee stutte is op negejarige ouderdom bietjie oud vir die span, maar hulle het nog steeds toestemming om te speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.