Vyf skuldig aan moord ná transitorooftog

crime-scene-tape-320x191Vyf rowers, waaronder ʼn voormalige polisiebeampte, is Dinsdag in die Pietermaritzburg-landdroshof skuldig bevind op drie aanklagte van moord na ʼn transitorooftog.

Die verdagtes het ʼn motor gebruik om teen ʼn transitovoertuig te bots en dit om te keer. Ottoman Msimang, hulle makker, is in die proses dood. George van Tonder, bestuurder van die transitovoertuig, en Sibusiso Phakathi, ʼn veiligheidswag, is ook tydens die voorval dood. Regter Anton van Zyl het die verdagtes skuldig bevind aan die moorde op Msimang, Van Tonder en Phakathi. Die rooftog en moorde het in Oktober 2009 plaasgevind. Die transitovoertuig het R692 000 van Newcastle na ʼn pensioen-uitbetalingspunt in Ladysmith vervoer. Plofstof is gebruik om die agterkant van die transitovoertuig oop te kry. Bewyse rakende selfoonoproepe wat van die toneel af gemaak is, het ʼn beduidende rol gespeel in die skuldigbevindings. Die skuldiges is Jerody Mthiyane (37), Philemon Nhleko (41), Ewat Kabr (35), Zikethela Sokhela (36) en ao. Siyabonga Mkanyana (41). Vonnisoplegging sal Woensdag begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.