Vyf skuldig aan moord op polisiebeampte

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mans is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op ʼn polisiebeampte van Philippi.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê Abongile Damente, Zuko Sizane, Onke Mtwalo, Mandilakhe Mbali en Odwa Matomane sal op 26 Februarie gevonnis word. Konst. Xolisa Banga is in Maart 2012 doodgeskiet terwyl sy na die Phillipi-polisiestasie onderweg was. Die groep mans het haar glo voorgekeer en in die bors geskiet. Sy is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die vyf mans is in Desember 2012 in hegtenis geneem en van Banga se moord aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.