Vyf sterf in botsing

Vyf mense is Sondag in ʼn botsing op die R40 tussen Nelspruit en Witrivier in Mpumalanga dood.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sê ʼn kind is een van die oorledenes. Hy sê ʼn Toyota Corolla en ʼn bakkie het gebots nadat die bestuurder van een van die voertuie beheer verloor het en in die aankomende verkeerd beland het. Mabuza sê die vyf oorledenes was almal passasiers in die Toyota Corolla gewees terwyl nog twee mense wat in dieselfde motor was beseer is. Drie insittendes in die bakkie is ernstig beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Mabuza sê die polisie ondersoek vyf aanklagte van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.