Vyf sterf in botsing

Vyf mense is dood en twee mense beseer na ʼn botsing tussen ʼn tenkwa, ʼn bakkie en ʼn motor.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê die botsing het Saterdagaand op die R603 naby Umbumbulu, suid van Durban in KwaZulu-Natal, plaasgevind. “Die tenkwa se kajuit het losgekom weens die impak van die botsing en op die motor te lande gekom.” Die bestuurder van die motor is op die toneel dood verklaar. Een van die insittendes in die tenkwa het ook in die botsing gesterf. Die bakkie se drie insittendes, ʼn man, vrou en dogtertjie is ook op die toneel dood verklaar. Hulle liggame moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.