Vyf sterf in gru-botsing in Heidelberg

Vyf mense is Vrydag dood, waaronder ʼn ma en haar 3-jarige dogtertjie, in ʼn botsing tussen twee motors in Heidelberg in Gauteng.

ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser, sê ʼn VW Polo en ʼn BMW het reg van voor gebots op die R42 in Heidelberg. Die drie insittendes in die VW Polo – ʼn ma, ouma en 3-jarige dogtertjie – is op die toneel dood. Twee van die drie insittendes in die BMW is op die toneel dood. Die oorledenes is ʼn egpaar in hul sestigs. ʼn 13-jarige seun is ernstig beseer. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.