Vyf sterf in gru-ongeluk op N12

Foto: ER24

Vyf mense is Vrydag dood in ʼn gru-ongeluk op die N12 tussen Glen Harvey en Fochville in Noordwes.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê twee voertuie het glo in die rigting van Randfontein gery toe hulle teen mekaar gebots het. Sy sê die vyf insittendes in die Toyota Corolla is almal op die toneel dood verklaar. Een van die vrouens was glo swanger, maar dit kon nog nie bevestig word nie. Die bestuurder en enigste insittende van die bakkie is ernstig beseer en hy is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.