ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê twee voertuie het glo in die rigting van Randfontein gery toe hulle teen mekaar gebots het. Sy sê die vyf insittendes in die Toyota Corolla is almal op die toneel dood verklaar. Een van die vrouens was glo swanger, maar dit kon nog nie bevestig word nie. Die bestuurder en enigste insittende van die bakkie is ernstig beseer en hy is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.