Vyf sterf in gru-ongeluk

Foto: ER24

Vyf mense is Woensdagoggend dood in ʼn gru-botsing op die R555 buite Steelpoort in Mpumalanga.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê ʼn Ford Ranger en ʼn Opel Corsa het Woensdagoggend gebots sowat 50km buite Steelpoort. Banks sê twee insittendes van die Corsa en drie insittendes van Ranger is op die toneel dood. Die ander insittendes van die bakkie en die motor moes met meganiese toerusting uit die wrakke verwyder word. Nog een persoon is in ʼn kritieke toestand nadat hy erge nek- en rugbeserings opgedoen het. Twee ander mense is ernstig beseer en is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.