Vyf mense is dood toe ‘n vermeende dronkbestuurder hulle Maandag in Ledig Village buite Sun City in die Noordwes-provinsie getref het.
“Die vyf persone, tussen 21 en 30 jaar oud, is almal op die toneel dood verklaar,” het Simon Lesolang Mmope, woordvoerder van die departement van menslike nedersetting, openbare veiligheid en skakeling, gesê. Die 35-jarige bestuurder is in hegtenis geneem ná die ongeluk wat omstreeks 04:00 gebeur het. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Mogwase-landdroshof verskyn op aanklag van strafbare manslag en dronkbestuur.
hulle moet meer padblokades hou driekwart van hulle is gesuip hulle ry tot by bottelstoor koop koelerboks vol drank maak een oop klim in die kar en ry daar is te veel omkopery met die verkeersmanne hulle sal nog voor jou ry en die drankbottels by die vensters uitgooi