Vyf sterf in NW-botsing

Vyf mense is Sondagaand dood in ʼn botsing reg van voor naby Zeerust in Noordwes.

Lesolang Simon Mmope, woordvoerder van die departement van openbare veiligheid in Noordwes, sê die twee motors het omstreeks 18:00 reg van voor gebots. “Volgens ʼn ooggetuie is vyf mans wat in ʼn Toyota Corolla gery het op die toneel dood verklaar. Die insittendes van die ander motor, ʼn Nissan Sedan, het ernstige beserings opgedoen.” Mmope sê die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. “Die polisie vermoed dat moegheid en spoed moontlik die ongeluk veroorsaak het,” sê Mmope.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.