Vyf sterf in NW-botsing

Vyf mense is dood en drie ander beseer in ‘n botsing op die Ottosdalpad naby Klerksdorp in Noordwes.

Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare911, sê ʼn motor en ʼn vragmotor het Vrydagaand reg van voor gebots. Wicks sê die vragmotor het bo op die motor te lande gekom. Twee volwassenes en twee jong kinders, ʼn seuntjie en ʼn dogtertjie tussen vier en vyf jaar oud, is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die vragmotor het ernstige beserings opgedoen en is ook later op die toneel dood verklaar. Twee insittendes van die vragmotor en die ander insittende van die motor is op die toneel gestabiliseer voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.