Vyf sterf in ongeluk op N1

Vyf mense is Maandagoggend dood toe ʼn taxi teen ʼn stilstaande vragmotor gebots het op die N1 in Kraaifontein in die Wes-Kaap.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê vier mans en een vrou is op die toneel dood terwyl drie mense beseer is. Sy sê die vragmotor het langs die pad stilgestaan toe die taxi, met sewe insittendes, teen dit gebots het. Die linkerkant van die taxi is weggeskeur deur die impak en het tot gevolg gehad dat die taxi getol het en die insittendes uitgeslinger is. Die vier mans en een vrou was reeds dood toe paramedici op die toneel opgedaag het. Die N1 in die rigting van Kaapstad sal vir ʼn geruime tyd gesluit wees terwyl ondersoekers op die toneel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.