Vyf sterf in trompop-botsings

Vyf mense is Donderdag dood en vier beseer in twee afsonderlike ongelukke waar voertuie reg van voor teen mekaar in die Oos-Kaap gebots het.

Tsepo Machaea, ʼn woordvoerder van Arrive Alive, het aan die SABC gesê die eerste ongeluk het op die N2-deurpad tussen Mthatha en Dutywa plaasgevind. “Vier mense is dood nadat ʼn swaarvoertuig teen ʼn bakkie gebots het,” het Machaea gesê.

“In die ander ongeluk is een persoon dood en vier persone het ernstige tot kritieke beserings opgedoen nadat twee voertuie tussen Mount Frere en Mount Ayliff gebots het,” het Machaea bygevoeg.

Die beseerdes is na ʼn hospitaal in Mount Ayliff geneem vir verdere behandeling.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.