Vyf sterf na bus omslaan

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is dood en 23 ernstig beseer nadat ʼn bus omgeslaan het in Matatiele in die Alfred Nzo-distrik in die Oos-Kaap.

Tshepo Machaea, woordvoerder van Arrive Alive, sê drie vroue, ʼn man en ʼn dogtertjie, glo vier jaar oud, is dood. Hy sê die beseerdes, waaronder die busbestuurder, is na die Taylor Bequest-hospitaal in Mount Fletcher vervoer vir verdere behandeling. Machaea sê die bestuurder het glo beheer verloor waarna die bus omgeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.