Vyf sterf na Uno teen bus bots

Vyf mans is Vrydagaand dood na die Uno waarin hulle gery het van agter teen ‘n bus op die N4 naby Ngodwana in Mpumalanga gebots het.

Volgens Vanessa Jackson, ‘n woordvoerder van ER24, is al vyf mans op slag dood en is die klein voertuig erg beskadig. Die slagoffers se liggame moes uit die wrak gesny word. Die bestuurder en sy passasier, wat glo ook pa en seun was, was onderskeidelik 53 en 22 jaar oud. Die drie mans wat agterin gesit het, was hul werknemers. Hul ouderdomme is nie tans bekend nie.

Jackson het gesê daar was geen passasiers in die bus tydens die ongeluk nie. Die oorsaak van die ongeluk is steeds onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.