Vyf sterf in Polokwane-ongeluk

ambulans

Argieffoto

Volgens Santie Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk op die Matlala-pad plaasgevind.

“Die besonderhede van die ongeluk is nog nie duidelik nie, maar al vyf mense in altwee voertuie was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Steinmann gesê.

Volgens Steinmann moes die liggame uit die wrakke gesny word.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.