Vyf sterf in trompop botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Vyf mense, insluitend ʼn negejarige kind, is dood nadat twee motors Sondagmiddag reg van voor op die R25 in Dennilton, Limpopo gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê twee mense is uit die voertuie geslinger na die botsing terwyl vyf mense in die wrakke vasgekeer was. “Twee vroue, ʼn man en ʼn negejarige kind is dood aangetref in een van die motors,” sê Vermaak. ʼn Man wat glo uit dieselfde motor geslinger is, het kritieke beserings opgedoen. “Paramedici het ʼn bejaarde man dood aangetref in die tweede voertuig. Sy 18-jarige seun is uit die motor geslinger weens die impak. Hy is op die toneel behandel.” Vermaak sê die beseerdes is na die Groblersdal-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mickey ·

Hoe tragies en hartseer om te sien hoe baie mense hul lewens op die paaie verloor net as gevolg van n arrogansie wat sommige mense kry die oomblik wat hulle hul voertuie betree my skoonma is so tipe mens die oomblik as die stokblinde ou tante haar groot Bmw betree dan raak sy agresief teenoor enige iemand wat dit mag waag om voor haar te ry sy erken dan ook teenoor jou sy haat dit om agter te wees nou stel julle net voor hoe dit vir n passasier moet voel met so maniak agter die wiel en dat elke ander voertuig naderhand soos n sluipende monster vir jou word en jy erken jou eie vrees in die oe van die vrou in die aankomende voertuig toe die magtige renjaer besluit sy ry nie agter nie ek dink saam met n bestuurlisensie moet mense eers sielkundige toetse ook ondergaan daar is te veel onnodige en onskuldige passasiers wat hul lewens moet boet ter wille van mense wat se eie ek te groot is

Dan ·

Sielkundige toetse kan dalk help – maar wat van die honderdduisende (of is dit miljoene) bestuurderslisensies wat gekoop word by korrupte amptenare? Bitter selde hoor mens dat laasgemelde vervolg word. Die soustrein loop en hy gaan nie stop nie. Ek persoonlik dink dat hoe ouer bestuurders word, hoe strenger moet hul bestuursvernuf getoets word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.