Vyf swaar gestraf na moord op egpaar

Vyf mense is swaar gestraf vir die brutale moord op Leon en Hetta Steyn in 2009 in hul huis in Hendriksdal naby Sabie in Mpumalanga.

Nicholus Nyalunga (25), Robert Mgiba (22) en Wonder Mthombeni (21) is twee keer lewenslank tronk toe gestuur vir die dubbele moord. Hulle is ook elkeen tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir gewapende roof en 18 jaar vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Cindy Sambo (36) en Dorah Sono (39) is elk tot 40 jaar tronkstraf gevonnis vir moord, 10 jaar vir roof en 15 jaar vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Leon (52) en sy vrou Hetta (50), eienaars van die Artist Café, is op 29 Oktober 2009 met R4-gewere in hul huis doodgeskiet. Volgens die polisie was Sambo en Sono werknemers van die Steyn’s en het hulle vir Nyalunga, Mgiba en Mthombeni inligting gegee oor hoe om toegang tot die huis te verkry en die egpaar te beroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.