Vyf swakste Afrikaanse musiekvideo’s aangewys

Die vermaaklikheidsmediagroep, Channel 24, het Donderdag hul lys van die top vyf swakste Afrikaanse musiekvideo’s gepubliseer.

Channel 24 berig hulle glo mense sal saamstem dat dit deesdae te maklik is om musiekvideo’s te maak. “Al ooit ʼn video gesien wat jou laat sidder? Wel ons het al te veel hiervan gesien en besluit om ʼn paar van die swakste Afrikaanse musiekvideo’s wat al ooit vervaardig is, met julle te deel. En by swakste bedoel ons die hele pakket, van die liedjie tot by die konsep en kamerawerk,” skryf Channel 24.

Voor hulle die lys bekendmaak skryf hulle: “So, as julle klaar diep uit julle mae gelag het, julle kake van die vloer opgetel en klaar julle koppe geskud het, bly die enigste vraag oor, ‘HOEKOM?!’”

Hier volg hul lys:

5. Chrizaan – Lollipop

4. Hannes – ‘n Ster vir my

3. Sussie Wie – Groot Voël Paradys

2. Natasha – Boe Ba Bokkie

http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=ZnpS_n12kjA

1. Dirk van der Westhuizen – Supercool (Gangnam Style)

http://youtu.be/RQdAzURUj-0

Bron: Channel 24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

56 Kommentare

jongste oudste gewildste
@RuanHaHa

Ek weet nie of ek wil lag, of wil huil nie, dalk so bietjie van altwee

Stix

Ek is bly om te sien dat Dirk van der Westhuizen die lys gemaak het, maar wat van Deon Esterhuizen se “My Meisiekind” ? Dit hoor ook op die lys. As jy my nie glo nie, loer hier: http://gevaaalik.com/deon-esterhuizen-my-meisiekind

Kobus van Rooyen

Elke liewe Jan rap en sy maat is mos deesdae ‘n sanger. Elke ander Fanie met ‘n kamera kan mos ‘n video opneem.. Ek kan dit nie meer hanteer nie. Daar gaan ‘n tyd kom wat ek my speelgoed uit die kot gaan gooi en een of almal van hierdie mense fisies aanrand. Die 5de video is so ge ‘autotune” dat ek nie kan hoor of die poplap sing of deur ‘n platespeler getrek word nie.. Die Hannes karakter in die 4de video is duidelik pedofielies van aard, en niemand moet naby aan hom kom nie. Video nommer 3 is… Lees meer »

Baas de Beer

Ek wag nou vir jagse boerseuns om my aan te val op daai boe bah bekkie bokkie baybee video…
My kommentaar was net die girl regtig aan idols moet gaan deelneem sodat iemand in haar gesig vir haar kan sê sy kan nie sing nie.

Die ironie is dat Chrizaan actually moer nice kan sing, maar haar om een of ander rede (en ek is nou diplomaties) word haar talent nie reg aangewend nie.

Een video wat hier mis, is daai andre bra wat sing van sy taal taal taal taaltaal. Stix, het jy dit nie ook gefeature nie?

Milandré van Lill

Ek dink julle het Berril von Amburg se “Wil jy of wil jy nie” vergeet!