Vyf uitlanders wat daarvan verdink word dat hulle dwelmhandelaars is, is Woensdag in Yeoville in Johannesburg in hegtenis geneem.
Die vyf mense, tussen die ouderdom van 25 en 46 jaar oud, is in ʼn nagklub aangekeer nadat die polisie op ʼn wenk reageer het, het lt.kol. Katlego Mogale gesê. “Die polisie het inligting ontvang dat daar dwelmhandel by die klub plaasvind,” het sy gesê.
Die polisie het beslag gelê op ongesnyde kokaïne, metamfetamien, en cat, met ʼn geskatte straatwaarde van sowat R1 miljoen.
Die vyf mense moet binnekort in die Hillbrow-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van dwelms.
Niks snaaks nie. Die grense is dan oop vir almal en hulle kom en gaan net soos hulle wil. Grens bewaarders ry voertuie en besit huise wat hulle glad nie met hulle salarisse kan bekostig nie, so wat sê dit alles?