Vyf vas ná Bergville-plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans en ʼn huishulp is in hegtenis geneem ná ʼn boer in Bergville, KwaZulu-Natal, Maandag deur gewapende mans aangerand is.

“Die 43-jarige boer is Maandag omstreeks 19:30 deur ʼn groep van vyf gewapende mans aangeval toe hy by die huis opgedaag het,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Hy en sy huishulp is vasgebind en in een van die slaapkamers gelos. Die mans het met die boer se voertuig en ʼn paar van sy vuurwapens gevlug. “Die boer kon die hulp van ander plaaswerkers inroep en die polisie is ontbied,” het Zwane gesê.

ʼn Spoortoestel het die polisie tot by die boer se gesteelde voertuig gelei, wat verlate op ʼn pad tussen Bergville en Winterton gestaan het. Zwane sê die polisie het ʼn wenk ontvang oor vier wegkomvoertuie wat die mans gebruik het om mee te ontsnap. Die vier mans is Dinsdagmiddag aangekeer toe die polisie twee van die wegkomvoertuie in die Bergville-gebied opgemerk het.

Die huishulp, wat ook in hegtenis geneem is, was vermoedelik ʼn medepligtige in die aanval, het Zwane gesê.

Die polisie is steeds op soek na die ander twee voertuie en ʼn vyfde verdagte. Al vier mans en die huishulp sal na verwagting later vandeesweek in die Bergville-landdroshof verskyn.

Die boer sterk aan in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Justi ·

Dit wys jou maar net. Mens kan geen een vertrou nie.
Ek het geen huishulp nie, sal ook nooit een he as dit van my afhang nie. Sou my gesondheid wanneer ek ouer is dit dalk vereis , is daar baie blanke mense wat wel so n tipe werk sal doen.
Sowat 5 jaar terug het die huishulp wat in my diens was gehelp met inligting( en haar self ook gehelp) met die inbraak by my huis.
So……… nee……….dankie! Hou verby!

Trippie ·

Ek verneem graag waarom my repliek verwyder is ?

Bloot gese dat mense sover as moontlik sonder hulle hulp klaarkom.

Ook die SAPD pluimpie gegee, en genoem dat daar sekerlik maniere is om die wat reeds aangekeer is, te maak praat. Ook die Boer spoedige herstel toegewens.

EN VOORDAT DEMOKRAAT reken dis platvloers – ek het dit veel beter gestel as nou.

Trippie ·

My repliek gelewer na direk na die berig verskyn het, was as volg :

Blankes moet, indien ENIGSINS moontlik, sonder hulp klaarkom. Daar is maniere om die een wat op vrye voet is, op te spoor. Die reeds in hegtenis geneem, sal wel praat.

Sterkte en spoedige herstel aan die boer.

Jasper ·

Ek en vroulief kom al jare sonder n bediende klaar al werk ons altwee. Ons beleid is “Helpmekaar”
Verbasend om te sien watter kruideniersware hou ook nou langer, tot die tandepasta.

leon ·

Ja so gaan plaas aanvalle aan en aan en die regering doen niks aan die man wat aanhou sing kill the boer kill the farmer nie. Hoop die man herstel volkome.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.