Vyf vas ná gesin verkool

Vyf mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn huis naby Eshowe in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek het en vyf mense verkool het.

“Die vyf persone, tussen 19 en 36 jaar oud, is Sondagoggend in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die Eshowe-landdroshof verskyn op aanklag van moord,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Thulani sê vier huise is Saterdagaand in die Mbongolwane-gebied aan die brand gesteek. Thulisile Mnyango (50), Cebile Mnyango (21), Lungelo Mnyango (17), Mlamuli Mnyango (10) en die tweejarige Qiniso Mnyango het in een van die huise omgekom.

Die motief vir die aanval is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.