Vyf vas na hulle bejaarde beroof, probeer keelaf sny

Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn bejaarde vrou beroof en probeer het om haar keel af te sny in Naboomspruit in Limpopo.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Ronel Otto, sê die verdagtes het na bewering Saterdagaand die 62-jarige vrou se voordeur afgebreek. “Sy het om hulp geskree en met haar aanvallers gestoei. Hulle het die vrou met hulle vuiste geslaan en haar erg beseer toe hulle probeer het om haar keel met ʼn lem af te sny.” Die vrou is intussen geidentifiseer as Anita Jacobs van Niekerk. Die aanvallers het met ʼn onbekende bedrag kontant, Van Niekerk se beursie en selfoon op die vlug geslaan. Die verdagtes is ʼn paar uur later deur die polisie vasgetrek. “Die vrou is in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die Mokopane-hospitaal.” Die mans sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.