Vyf vas ná klopjagte op skrootwerwe

Vyf mans is Dinsdag in Limpopo in hegtenis geneem nadat gesteelde voertuie en diesel in hul besit gevind is.

Volgens Brigadier Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, het die polisie klopjagte op skrootwerwe in Ritavi, Tzaneen, uitgevoer.

Twee mans is by een skrootwerf in hegtenis geneem. ʼn Wit Volkswagen-bakkie wat verlede jaar Junie in Soweto gesteel is, is in hul besit gevind.

“ʼn Man is by ʼn ander skrootwerf in hegtenis geneem nadat ʼn Scania-vragmotor, wat verlede jaar in Grootvlei gekaap is, in sy besit gevind is,” het Mulaudzi gesê.

Die ander twee mans is met 175 liter diesel in hul besit gevind. Die diesel is glo van ʼn nabygeleë konstruksiemaatskappy gesteel.

Die mans moet Donderdag in die Tzaneen-landdroshof verskyn op aanklagte van besit van gesteelde eiendom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.