Vyf vas ná mislukte kaping

Vyf mans is Donderdag in Garsfontein, oos van Pretoria in hegtenis geneem ná ʼn mislukte kaping.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Katlego Mogale, sê die mans het Donderdagmiddag ʼn Land Rover probeer kaap en die polisie is in kennis gestel. Sy sê ʼn skietgeveg het tussen die vermeende kapers en die polisie uitgebreek. Die vermeende kapers het in ʼn wit minibus probeer vlug. Die polisie het hulle agternagesit en die mans het die minibus agter gelaat en na ʼn nabygeleë veld gevlug. Mogale sê die polisie het ʼn helikopter ingespan en die vyf mans is in hegtenis geneem. Twee van die vermeende kapers is beseer en is na die hospitaal geneem vir behandeling. Sy sê die vyf mans, tussen 30 en 45 jaar oud, word van poging tot kaping aangekla en sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.