Vyf vas na moord op Krugersdorpse skoolmeisie

Alyssa Botha

Vyf mans is in hegtenis geneem na die moord op die 13-jarige Alyssa Botha van Hoërskool Monument in Krugersdorp.

Alyssa, haar ouer suster, Megan, en pa, Anton, is verlede Woensdag omstreeks 19:00 by hul huis in Rietfontein, Muldersdrif, deur ʼn groep mans aangeval. Alyssa is tydens die voorval geskiet en noodlottig gewond. Anton en Megan is ernstig gewond. Slegs hul selfone is tydens die voorval geroof.

Luitenant-kolonel Katlego Mogale het Woensdag gesê vier mans van Zimbabwe en ʼn Suid-Afrikaner is Dinsdagaand in hegtenis geneem. “Drie verdagtes is in ʼn informele nedersetting in Zwartkops vasgetrek en twee in Diepsloot,” het Mogale gesê.

“ʼn Geheuekaart wat aan een van die meisies behoort het, is in die besit van een van die mans gevind,” het Mogale bygevoeg.

Die mans gaan binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.