Vyf vas oor gesteelde goedere

Vyf mans is Donderdag in Kempton Park in hegtenis geneem nadat daar gesteelde goedere in hul besit gevind is.

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê hulle was besig om inligting op te volg oor ʼn gesteelde lugkompressor ter waarde van R1 miljoen. Die kompressor is twee weke gelede in Kempton Park gesteel. Toe die Valke by die woonstelblok opgedaag het, is daar op twee gesteelde voertuie, twee renosterhorings, die kompressor en ʼn 9mm-pistool beslag gelê. “Die verdagtes sal Vrydag in die Kempton Park-landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en die besit van gesteelde voertuie en goedere.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.