Vyf vas oor kaartkloningsindikaat

Kaart kloningVyf mans is in hegtenis geneem tydens ʼn gesamentlike operasie deur die bankindustrie en die Valke.

Die mans, tussen die ouderdomme van 32 en 47, was glo betrokke by ʼn kaartkloningsindikaat in die Daveyton-area. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê vier verdagtes is Donderdag by ʼn huis in Daveyton in hegtenis geneem. Die vyfde verdagte is Vrydag in hegtenis geneem. Die Valke het op ʼn verskeie toerusting wat gebruik word om kaarte te kloon beslag gelê sowel as 13 gekloonde kaarte. Dit is nog nie bekend nie hoeveel mense slagoffers was van die sindikaat nie. Die vyf verdagtes sal Maandag in die gespesialiseerde misdaadhof in Pretoria verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Hoe slaap die mense wat die doen? Hoe steel jy iemand se hardverdiende geld. Daai mense moet tronke gaan, en hulle mag nooit weer voel hoe dit voel om geld in hulle hande te voel nie. NOOIT WEER NIE!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.