Vyf vas oor wapens

Vyf mans is Woensdag in Nyanga in die Wes-Kaap hegtenis geneem nadat daar messe, ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in hul besit gevind is.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die mans, tussen die ouderdomme van 18 en 23, het in die Brown’s Farm-gebied rondgeloop maar weggehardloop toe hulle ‘n polisievoertuig gesien het. “Die polisie het hulle agternagesit en die verdagtes het by ʼn huis ingehardloop. Die polisie het twee vuurwapens onder ʼn matras gevind en vier messe.” Kinana sê een van die vuurwapens is vroeër in Secunda gesteel. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.