Vyf vas vir besit van renosterhoring

Die polisie van Noordwes het Donderdag vyf verdagtes in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ʼn renosterhoring.

Volgens brigadier Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, het polisiebeamptes van Delareyville inligting ontvang dat verdagtes in ʼn blou Toyota Corolla op die Madibogo-pad onderweg is na die dorp en dat hulle in besit van ʼn renosterhoring is. “Die polisie het spoedig reageer en die voertuig, met vyf verdagtes in, ingewag. Die voertuig is deursoek en daar is op ʼn horing wat 4,85kg weeg beslag gelê,” het Ngubane gesê.

Al vyf verdagtes is in hegtenis geneem en moet Maandag in die Delareyville-landdroshof verskyn. Twee van die verdagtes is vroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.