Vyf vas vir Bethulie-dubbelmoord

Gordon en Lorraine Adam. Foto: OFM

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op Gordon en Lorraine Adam, ʼn bejaarde egpaar van Bethulie in die Vrystaat.

Die egpaar is Saterdagoggend deur hul seun, Ashley, dood in hul huis gevind. Konst. Maselela Langa, ʼn polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is Woensdag in Bethulie aangekeer. Twee van die vuurwapens wat tydens die voorval gesteel is, is in hul besit opgespoor.

Maroela Media het Maandag berig Gordon (78) en Lorraine (63) is in hul huis oorval terwyl hulle geslaap het. Gordon is vermoedelik verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in die bors en rug gesteek en Lorraine is glo met ʼn panga teen die kop gekap. Die aanvallers het in die egpaar se Toyota-bakkie gevlug. Twee vuurwapens en ʼn selfoon is gesteel.  Dit is die vyfde dubbele moord sedert 2010 in die Vrystaat.

Die verdagtes moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

Ek Saluut die SAPD met die spoedige arrestasies en beysstukke wat terug gevind is,en vertrou dat die verhore van die beskuldiges ook so spoedig afgehandel sal word,en dat die beskuldiges skuldig gevind sal word en dat “Maksimum” gevangenisstraf opgele sal word sonder “parool-voorwaarders”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.