Vyf vas vir dwelms ter waarde van R100 miljoen

Vyf verdagtes is Woensdag in Johannesburg in hegtenis geneem nadat dwelms met ʼn straatwaarde van omtrent R100 miljoen in hul besit gevind is.

Kolonel Vish Naidoo, ʼn polisiewoordvoerder, sê dwelms en toerusting om dit te vervaardig is by twee dwelmlaboratoriums in twee verskillende huise in Bryanston en Douglasdale gekonfiskeer.

“ʼn Getroude paartjie was eerste in hegtenis geneem ná dwelms met ʼn waarde van nagenoeg R50 miljoen in hul huis in Bryanston gekry is,” het Naidoo gesê.

Nog ʼn paartjie en hul huishulp is by die tweede huis in hegtenis geneem.

Die misdaadintelligensie-eenheid het die klopjagte uitgevoer. Meer inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.