Vyf vas vir Krugersdorp-skietery

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is in hegtenis geneem ná ʼn skietery Oujaarsdag in Munsieville, Krugersdorp, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê.

“ʼn Groep mense het amok gemaak in ʼn winkel,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die eienaar het sy vriend geskakel en daar was ʼn woordewisseling.”

Sewe mense is beseer, waaronder ʼn sesjarige kind, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Een van die kritiek beseerde persone is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem,” het Botha gesê. “Die ander is na nabygeleë hospitale geneem.”

Mogale sê die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen en ʼn saak van poging tot moord is geopen.

Lees ook:
Ses beseer in Krugersdorp-skietery Oujaarsaand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Ai, jai, jai…….waar gaan hierdie land van ons heen? Waarheen is hierdie mooie land oppad?……………………

GawieM ·

Justi is die land nie al klaar waar daar nie meer hoop is indien daar nie verandering van regering kom nie. Hierdie regering het mos klaar bewys wat hulle besig is om te doen of klaar gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.