Vyf vas vir partytjie-moorde

tronk 2Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo Saterdagaand vyf mense doodgeskiet en drie ander beseer het tydens ʼn huispartytjie in KwaZulu-Natal.

“Die mans, tussen die ouderdom van 22 en 27 jaar oud, is Dinsdagaand in hegtenis geneem,” het kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, Woensdag gesê.

Maroela Media het Sondag berig die slagoffers, tussen die ouderdomme van 20 en 28, is doodgeskiet terwyl hulle ʼn partytjie by ʼn huis in die Sankontshe informele nedersetting, tussen Pinetown en Pietermaritzburg, bygewoon het. Lees meer hier.

“Daar word beweer dat die oorledenes gesoek was vir ʼn aantal moorde en gewapende rooftogte in die omgewing. Twee van die oorledenes was uit op borgtog en was veronderstel om volgende maand in die hof te verskyn op aanklagte van moord.

Die drie mense wat tydens die skietvoorval gewond is, is nie deel van die groep oorledenes wat van moord verdink word nie.

Die polisie het beslag gelê op vier vuurwapens. Die mans moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.