Vyf vas vir renosterstropery

Argieffoto

Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik vyf renosters in die Hluhluwe-omgewing in KwaZulu-Natal doodgemaak het.

Die mans, tussen die ouderdom van 20 en 64, is Saterdag in hegtenis geneem nadat die polisie op ʼn wenk reageer het, het kapt. Thulani Zwane Maandag gesê. “Vyf renosters is vandeesmaand in die gebied vir hul horings doodgemaak,” het Zwane gesê.

Die polisie het beslag gelê op twee jaggewere en ammunisie.

Volgens Zwane word die mans aangekla van renosterstropery en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Die verdagtes moet binnekort in die Mtubatuba-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.