Vyf vas vir roof

Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende rooftog by ʼn kitskos-eetplek in Mitchells Plain in die Wes-Kaap.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, sê twee gewapende mans het die eetplek Saterdag binnegekom en kontant geëis van personeel. “Die verdagtes het te voet met ʼn kasregister gevlug. Die polisie het gesien hoe klim die verdagtes in ʼn groen VW minibus.” Die polisie het die verdagtes agternagesit. Een van die verdagtes het op die polisie losgebrand en die polisie het teruggevuur. Die polisie kon daarin slaag om vier verdagtes vas te trek. “Daar is op ʼn 9mm-pistool sowel as die gesteelde kasregister beslag gelê. Een van die verdagtes is in die bolyf gewond en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.” Traut sê die verdagtes, tussen 23 en 31 jaar oud, sal binnekort in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.