Vyf vas wat glo 13-jarige verkrag

Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 13-jarige meisie om die beurt verkrag het in Mafikeng in Noordwes.

Sers. Kelebogile Moiloa, ʼn polisiewoordvoerder, sê die mans, tussen die ouderdomme van 19 en 23, is Dinsdag in hegtenis geneem. Die mans het die meisie glo in Julie vanjaar en weer op 13 September om die beurt verkrag. Moiloa sê geen verdere besonderhede is in die stadium bekend nie. Die polisie het glo uitgevind van die beweerde verkragting nadat ʼn onderwyser agtergekom het dat die meisie se gedrag verander het en haar daaroor uitgevra het. Die meisie het aan die onderwyser vertel sy is verkrag. Die mans sal na verwagting Donderdag in die Mafikeng-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.