Vyf vas weens JHB-moord

Vyf mans in Saterdag in Zondi, Soweto, in hegtenis geneem nadat ʼn man vroeër die week in die omgewing doodgeskiet is.

A.o. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die mans is in hegtenis geneem nadat ʼn 33-jarige man Donderdagaand in die omgewing doodgeskiet is.

“Die polisie het ondersoek ingestel en die slagoffer se voertuig in Emdeni gevind. Die voertuig was reeds van verskeie onderdele gestroop en die eienaar van die huis waar die voertuig gevind was, is in hegtenis geneem,” het Makhubela gesê. Die huiseienaar het die polisie na die verdagtes verwys wat die voertuig na hom toe gebring het.

“Dié persoon is ook in hegtenis geneem en hy het die polisie verwys na die persone wie die slagoffer geskiet het. Drie persone is dié verband in hegtenis geneem,” het Makhubela bygevoeg.

Die verdagtes is tussen die ouderdom van 25 en 47. Hulle moet binnekort in die hof verskyn op aanklagte van moord, huisbraak, die besit van ʼn gesteelde voertuig en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.