Vyf verdagtes ontsnap uit aanhouding in Nelspruit

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie van Mpumalanga het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur nadat vyf verhoorafwagtendes Sondag uit aanhouding in Nelspruit ontsnap het.

Brig. Selvy Mahlala, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê ses mans het deur die tralies van die gimnasiumsel by die Mhala-polisiestasie gesaag, waarna hulle ontsnap het.

Mahlala het gesê dele van ʼn ystersaag is in die sel gevind. ʼn Interne ondersoek is van stapel gestuur om te bepaal hoe hulle dit reggekry het om te ontsnap. “Die polisie het een van die gevangenes, Trevor Khosa (24), kort daarna weer in hegtenis geneem. Khosa staan tereg op aanklagte van roof,” het Mahlala gesê.

Drie van die vyf verdagtes wat nog soek is, is France Jacky Sekgobela (35), Eugene Riding (27) en Rodney Nyakane (26) wat elk tereg staan op moord. Die ander twee verdagtes is Tumelo Theko (20) en Ishmael Radingoana (28) wat tereg staan op verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Nou gaan die publiek gevra word om op die uitkyk te wees … sonder foto’s. Selvy Mahlala gaan soek tussen jou eie manne wie daardie saaglem ingesmokkel het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.