Vyf verdagtes vas na roof by Pta-winkelsentrum

Die Twitter-gebruiker @JacolNZAR het die foto opgelaai.

Die polisie het vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met gister se dramatiese rooftog by Atterbury Value Mart, in die ooste van Pretoria.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt.kol. Tshisikhawe Ndou, sê die laaste twee vermeende rowers is Vrydagoggend in hegtenis geneem. Ndou sê ʼn groep mans het Donderdag omstreeks 11:50 die Nike Factory-winkel by die Atterbury Value Mart beroof. Twee polisiebeamptes het op die rooftog ingeloop en is van hulle wapens beroof en saam met van die winkel personeel in ʼn stoorkamer toegesluit. Die vermeende rowers het in ʼn Quantum-bussie op die vlug geslaan. Die rowers is voor die Menlynpark-winkelsentrum deur die polisie voorgekeer. Drie mans is in hegtenis geneem terwyl twee gevlug het. Daar is vermoed dat hulle in die Menlyn-winkelsentrum ingevlug het. Die polisie het die winkelsentrum deursoek. Ndou sê drie 9mm pistole, wat van die polisie gesteel is, en ʼn R5 geweer is teruggevind. Die vyf verdagtes word aangekla van gewapende roof en besigheidsroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.