Vyf verkool in gru-ongeluk

Vyf mense het Sondagoggend onherkenbaar verbrand in ʼn ongeluk in Shatale in Bosbokrand in Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sê die vyf mense is dood nadat die motor waarin hulle gery het op R40 omgeslaan en aan die brand geraak het. Hy sê die insittendes was in die motor vasgekeer. Mabuza sê die ongeluk het omstreeks 3:00 plaasgevind en die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het sy meegevoel met die oorledenes se families betuig. Hy het ʼn beroep gedoen op padgebruikers in die provinsie om versigtig te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.