Vyf volstruisveerstropers in hof

Argieffoto

Vyf mans het Woensdag in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn op aanklagte dat hulle volstruisvere van lewendige voëls gestroop het.

Kapt. Malcom Pojie, ʼn polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, sê die saak is tot 19 April uitgestel vir verdere ondersoek. Die verdagtes André Prinsloo (21), Jakobus November (28), Karel Jansen (35), Jonas Jansen (25) en Dawid Piedt (31) bly in polisie-aanhouding tot dan.

Die verdagtes is Maandag in Oudtshoorn in hegtenis geneem in verband met vyf voorvalle waar hulle op volstruise toegeslaan het. Hulle het glo sedert Desember volstruisvere met ʼn beraamde waarde van R117 000 gestroop.

Lees ook:
Volstruise weer deur voëlgriep geteister
Stropers steel nou volstruisvere

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.