Vyf werkers op sypaadjie geskok

Vyf mans is Woensdag beseer nadat hulle geskok is terwyl hulle herstelwerk aan ʼn kragboks op ʼn sypaadjie gedoen het.

Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die voorval het in Brakpan, Gauteng, plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die mans die kragboks oopgemaak onder die indruk dat kragtoevoer daarheen ontkoppel is,” het Wicks gesê. “Die mans het in kontak met lewendige kragdrade gekom wat al vyf werkers geskok het.”

Volgens Wicks is een man kritiek gewond en het hy erge brandwonde aan sy bolyf en kop opgedoen. Die ander mans het matige beserings opgedoen.

“Al die werkers is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Wicks bygevoeg.

Die departement van arbeid ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.