Vyf werkers sterf by suiweringsaanleg

Vyf werkers van die Sol Plaatjie-munisipaliteit is gister in ʼn ongeluk by die Kimberley Homevale-suiweringsaanleg vir afvalwater dood.

Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, sê een van die werkers het die pomphuis, sowat 6 m ondergronds, skoongemaak toe die ongeluk omstreeks 12:30 plaasgevind het. “Blykbaar het slyk uit een van die monitors in die kamer gekom en die vertrek tot ‘n hoogte van ongeveer 1,5 m gevul.” Matsie sê die werker is vermoedelik deur metaangas oorval. Hy sê vier ander werkers het hom glo probeer red waarna hulle ook deur die metaangas oorval is. Die vyf mans is op die toneel dood verklaar. Matsie sê die voorval word deur verskillende staatsdepartemente, die munisipaliteit en die polisie ondersoek. Die werkers se liggame is teen omstreeks 18:30 gisteraand uit die pomphuis verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.