Vyfde plaasaanval vir 2014: Boer sterf in Barkly-Oos

crime-scene-tape-320x191

Lees ook:
5 plaasaanvalle binne vier dae, name bekend

Sarel Pretorius (61), ʼn boer van Barkly-Oos in die Oos-Kaap is dood nadat hy en sy vrou, Annemarie, Dinsdagaand op hul plaas, Rooiport, aangeval is.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Woensdag aan Maroela Media gesê twee verdagtes het omstreeks 20:00 of 21:00 by die slagoffers se plaas opgedaag in ʼn wit Toyota Hilux bakkie, wat vroeër die dag in Lady Grey gekaap is.

“Die twee mans was van ʼn donker gelaat maar het baie goed Afrikaans gepraat,” het Cameron gesê. Hulle het die boer en sy vrou erg aangerand. “Inligting is nog skaars, maar ons het verneem die boer is dood, en hulle het sy vrou toegesluit, waarna hulle in die rigting van Elliot gevlug het. Ons is nog nie seker of daar enigiets by die huis geroof is nie, maar ons weet wel dat vuurwapens geroof is.”

Cameron het gesê dit is verblydend dat die plaaslike taxi-vereniging van Elliot Dinsdagaand die gemeenskapspolisiëringsforum en buurtwag bygestaan het om na die bakkie en verdagtes te soek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volgens Cameron is dit die vyfde plaasaanval in die land vir 2014.

Die ander vier plaasaanvalle wat gedurende die afgelope vier dae voorgekom het, is soos volg:

  • 11 Januarie – Bloemspruit. Dr. Jacob Swart en sy vrou Elise is op hulle plaas deur twee mans met messe en staalpype aangeval. Aanvallers het met ’n .22 rewolwer, ’n geweer, twee selfone en ’n onbekende bedrag kontant gevlug.
  • 12 Januarie – Wallmansthal-omgewing. ‘n R5-aanvalsgeweer wat na bewering net aan die SAPD uitgereik word, is gebruik om die slagoffers, wat in hulle sestigerjare is, aan te val. Die boer is gewond en elektroniese toestelle is gesteel.
  • 14 Januarie – Waterval-omgewing buite Pretoria. Die boer is buitentoe gelok en met ‘n panga aangeval.
  • 14 Januarie – Wallmansthal. ‘n Boer is aangehou en aangerand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

sanet strydom ·

In vanderbijlpark laas donderdag ook I oom in sy jaard in langehoven str vermoor ons bly in I siek suid afrika wat deer die anc regeer word

Anon ·

Wanneer sal hierdie moorde ooit eendag ophou?! Die regering doen absoluut niks om ons te beskerm nie. Maar wat gee hulle om, hulle eie nasie vermoor hulle eie nasie en niks word daaraan gedoen nie. Want dis mos hulle tradisie. Ons blankes leef in vrees en staan wag in ons eie huise om ons gesinne te beskerm. Want die polisie is te treurig om dit te doen. Bel mens hulle het hulle nie voertuie nie. In die APARTHEIDS ERA was daar nie sulke verskonings nie. Ons blankes begin regtig nou keelvol raak vir hierdie wonderlike regering. Wonder net as ons land so “crime free” is soos hulle se, hoekom het die president en die ministers lyfwagte??? Nee wat ons land is in sy @@@@ in. En dis te danke aan ons nuwe regering. Dis n siek land hierdie.

Gawie ·

Die Boere, en vir wat dit werd is die Blanke, moet meer paraat word. Die denke van dit sal nie met my gebeur nie, moet verander na wanneer is dit my beurt.
Die regering kan en sal niks doen nie en ons moet self ons veiligheid teen alle koste waarborg en ons eiendom en lewe beskerm met wat ons moet. Indien dit met geweld is, laat dit so wees, maar ons kan nie langer stilsit en niks doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.